Straatkind

February 18, 2008 deur knersis

 

Die Gestorwe Soldaat het nou die dag ‘n possie geplaas wat my nogal laat dink het. Dit was getiteld; “Straatkind”

Hoe dilwels sien ons dit nie in vandag se tyd nie? Hulle staan daar by die verkeerslig, verslons en vuil met jammerlike uitdrukkings op die gesigte en sleg-bewoorde boodskappe op afgeskeurde stukkies karton gegriffel wat smeek om hulp; “Geen kos, geen werk, siek vrou, ses kinders!” Hier en daar kom ‘n hand uit met ‘n kleingeldjie, dankbaar ontvang met ‘n patetiese buigintjie, ‘n een-tand-glimlag – maar meeste motors ry verby met ‘n kop wat skud of ‘n hand wat swaai; “gaan weg.”

Mens besef meteens daar is baie armes in ons verskeurde landjie. Wit, swart, bruin, geel pers. Al die kleure is daar – op die sypaadjie. Wat ook-al jou goed ge-oefende antwoord jou morele standpunt, jou uitgebreide en weldeurdagte filosofie, wat ook-al jou agtergrond, agter elke geskeurde karton bordjie is daar ‘n storie, ‘n individu, ‘n mens en telkens word jy betrap soos ‘n hasie in die hoofligte van ‘n vragmotor; betrap in ‘n strikvraag wat die noodlot meedoeënloos aan jou stel. “Wat doen JY daaromtrent boesman?” Wat doen jy as daardie honger oë soos soekligte jou hart en siel deurboor, wat doen jy? En wat is nou eintlik die regte ding om te doen?

‘n Paar jaar gelede was ek in Mumbai, toe dit nog Bombai genoem was. Armoede hang daar soos ‘n swaar reuk in die lug, jy sien dit ooral, net waar jy kyk. Mense slaap half-naak op die sypaadjies onder plastiek seile en koerant papier. Jong kindertjies loop kaal op straat rond en bedel. Gee jy vir een van hulle iets word jy oorstroom deur ‘n horde ander wat soos haaie om jou sirkel en aan jou moue pluk en trek en beduie. Onwillekeurig kom die vraag by jou op: Wat as ek Bill Gates was en ek gee alles wat ek het aan die een biljoen armste mense op aarde? Wel, jy sou so ongeveer R350 aan elkeen kon gee, genoeg vir ‘n paar maaltye, en dan wat? Sou dit regtig gehelp het?

Wat is die antwoord?

Wat dink jy?

My Naaste Boek

February 11, 2008 deur knersis

Dagsê Vrinne en Vrindinne en dankie aan almal wat al kom inloer het. Het eers gewônnor hoekom so stil, toe kom ek agter ek het nooit my web adres op my woordstoot profiel ingevul nie. (Lekker blêrrie dom nê?) 

Hierdie blogosfeer kan mens so besig hou ek weet nie hoe kom enigiemnad by werk uit nie (he, he.) 

En net toe ek verder wônnor oor wat ek va’dag in die pot gaan gooi, toe tag Rosalindfranklin my. Dankie Rose, hier is hy; 

Die naaste boek aan my met meer as 123 bladsye,

Sinnetjies nommer 6, 7 en 8 van bladsy 123 gaan so;

 

“Then he was past, forging ahead through a narrow path in the sea of humanity.

Sara was keeping the path open, leading them in, riding just ahead of Jake’s car, laying about her viciously with a long quirt of hippo hide to hold back the mob, while around her wheeled the wildly excited riders still firing their pieces into the air, and dozens of runners pressed in closely, trying to climb aboard the moving cars.

Gradually the press of bodies and animals built up, until at last, following Sara, they moved slowly through the open forest that surrounded the wells into one of the shallow but steeply sided wadis in the broken ground beyond.”

Wilbur Smith  :  Cry Wolf

 

Sjoe, het nooit besef oom Wilbur skryf sukke laaaang sinne nie. 

Oom Blouwillemaandag van va’oggend se Beeld was toe nie sy voortreflikste ooit nie. Wag maar vir volgende week

 

Groetnis.

Dis ‘n Lekker Plek Die

February 9, 2008 deur knersis

Welkom vrinne en vrindinne, welkom hier in knersis se grot. Dis my eerste inskrywing die, so maak julle gerus maar tuis. Sleep ‘n boomstomp nader en kom sit hier langs my by die vuur. Die steeu-pot borrel al lekker en daars lekker ys koue bier daar agter in die yskas, selfs biekie sjampanje vir hierdie openings geleentheid. Kom knaag saam aan ‘n kelkie wyn – daars hy, welkom, welkom.

 

knersis kom kreunend oorent, lig die pot se deksel en roer die kooksel daarin  met ‘n  lang houtlepel. Dan proe hy so suig suig aan die nat ent, sug tevrede en sak weer terug in sy sitplek.

 

Sien vrinne, ek sit so en dink by my selwers netnou; hierdie afrikaanse blogosfeeer is darem ‘n dem lekker plek. Ek voel skoon knop-in-die-keel-ge-eerd om met julle klomp vereenselwig te kan word. Daar is amper nie een verveelde oomblik in hierdie ruimte nie – en so ‘n ietsie vir ‘n ieder en elk se smaak. Daar is die boses en die vrindelikes, die skaames en die minder skaames, die wat baklei en die wat wil vry. Die verskeidenheid is wyd en uiteenlopend – dis lekker!

 

Kyk nou maar – daar vauit die bosparra vlei brul en kwaak die parras besete. Hul kwaak en kwaak en maak kwaad en maak lag. Lekker! Daar is ‘n dooie soldaat wat nog ‘n barshou slaat, en kan tokkel met jou hart se snare en kielie die lag-spiere. Daar is Woestynsand van die kant tot Duskant, dis Plattvoet en ligloop en kophou en Oopkop en Kop op ‘n Blok.

 

Vokof vlieg, vokof, weg daar van my steeu af, (nie jy nie Vokof, daai dem vlieg!)

 

Daar is Vokof wat reguit praat en ‘n ietwat bar woord ontvoer het en versier met ‘n mate van elegansie, daar is Luigi se kafee waar mens lekker kuier en lag en luister. Gert se rate en advies het almal in raps in roer. En dan is daar Daai Maer Ou wat so fluweel-saggies poep mens kom dit nie eers agter nie; tog nie iemand se tone trap of offend nie.

 

En dan is daar die ander plekke en vrinne wat nog ontdek moet word! Dis lekker hierso!

 

O, ja, dan is daar natuurlik die grootste stof (of sal ons se hoff-storm van alle tye) wat tans nog deur die blogosfeer woed. Hygend hert, nie sedert die Oerknal het ek van so ‘n stommiteit gehoor nie! Ek stik sommer in my sop, ek se jou. Dis nou natuurlik die gedoente rondom onse monument-bouende volksheld waarna ek verwys, wat meteens so bemind is soos Zorro onder ‘n sekere klompie en andersyds weer so gehaat soos die nimlike prins van duisternis homself.

 

Dit gons so oor die arme ou se kop dat ek nie kan agterkom wat die grootste oorsaak is vir die meeste van ons krag-probleme nie; eskom of al daai bloggers wat so toeslaan op die ou se blok dat die ligte so dof trek met tye.

 

Kyk, aan die een kant is daar mos hierdie sogenaamde wonderwerk slakke wat wind-op, stroom-op en helling-op seil om hul held te gaan red wat so hard oor sy eie slang geval het dat die trillings daarvan terugbots en resonneer met die van die oerknal s’n self. Aan die ander kant weer is daai klompie wat nie gestop kan word om toon-krul-lekker die een na die ander  wysigheid, stommiteit, grappigheid – naakte-“hate” te hissss nie. Amper ‘n soort van dimoniese, obsessiewe Hoff-bashing.

 

Ai, as mens kon kaartjies verkoop vir hierdie geveg sou jy beter gedoen het as ‘n Mike Tyson bosgevegpromotor!

 

Nou ja toe, oor-more weet ons dalk wie gaat boks teen wie daar oorkant die sie en teen die tyd is die koerante seker al vol van wat ons Prez Vrydag gese het, moes gese het en nie gese het.

 

Kan ook nie wag om te hoor van oom Blouwillemaandag nie.

 

Groetnis.

Hello world!

February 7, 2008 deur knersis

Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!