Archive for Augustus, 2008

Sjoe…

Augustus 23, 2008

Dankie julle!

Ek’s nou ook bly ek het nie die blog delete nie.

Soos dit is moet ek weer heel van voor af begin vriende maak. Was dit so met julle ook?

Dit is nie eintlik ‘n krisis nie, want die grootste Vriend wat mens voor kan wens is nou my beste Vriend!

Ek hoop julle het almal ‘n baie lekker naweek!

Iets wonderliks…

Augustus 19, 2008

het met my gebeur…

Ek het die Here gevind!

Of sal ek sê, Hy het my gevind!

My vinger het so oor die “delete blog” knoppie gehuiwer…

Toe dag ek… nee…

wag ‘n bietjie.

Miskien moet ek daaroor praat.

Dis belangrik!

DIE BELANGRIKSTE DING IN DIE LEWE!