Evolusie, reïnkarnasie en ander wolhaar stories.

By knersis

Rosalind

Dankie Rooskind, ek hoor wat jy sê. Evolusie en die “ontwerper teorie” is inderdaad twee heeltemal verskillende dinge. Evolusie is die groot sussie van die Big Bang teorie wat sê; eers was daar niks, toe ‘n groot BOEM!!!! En voila, gee genoeg tyd en bietjie gravitasie krag en siedaar, jy het skoenlappers en seekoeie (en sterre en planete en sommer alles). Amper soos siemsalla-biem, kul jou hier kul jou daar en daar is alles. Geen ontwerper, geen Skepper. Alles het sommer vanself gebeur. Dit is wat die SLIM wetenskaplikes SO graag wil hê ons almal moet glo, al is daar ook wa-wiel groot gate in daardie teorie net waar jy kyk.

Aan die anderkant is ‘n nuwe idee wat al meer spoed optel. Dit is nou dat daar miskien tog intelligente ontwerp agter die ontstaan van alles is en dit is nou wat mooi in daardie video’s van Roer verduidelik word.

Waarin glo jy? siemsalla-biem of intelligente ontwerp? Persoonlik neig ek na die intelligente ontwerp kant toe. Ek het laas geglo aan siemsalla-biem toe ek in kleuterskool was.

Roer

Dis ‘n goeie een daardie van die professor wat wou weet “wie het dit gemaak?” Ek kan nie glo dat so baie hoog geleerdes so dom kan wees nie!

Hans Matthysen

Dankie vir jou gedagtes ou maat. Ek sou graag met jou wou redeneer (lob-stoei op die woordstoot) maar ons skree vir dieselfde span. Ek het maar net die vragie gevra om te kyk wat kom uit.

Gert Gariep

Dankie vir die mooi woorde. Dis omdat jy so eerlik en opreg skryf dat ons almal so lekker kuier daar by jou blog.

4 Responses to “Evolusie, reïnkarnasie en ander wolhaar stories.”

  1. rosalindfranklin Says:

    Nee jy sien: Die videos is net videos. met respek. Wetenskap word gesien as feite omdat dit deur die potuur-evaluasie proses, kliniese toetse en varifiering gaan. Mens kan nie ‘n video of iets wat iemand sommer met geskryf het, as feite aanvaar nie. Dit moet deur die “citation” proses en toetising gaan – die basis van die wetenskap.

    En in die veld van IO is NOG NIE EEN PORTUUR-EVALUASIE ARTIKEL aanvaar of gepubliseer nie.

    Dan, daar was nie skielik skoenlappers en seekoeie nie. Dit is juis nie punt.

    Voor die oerknal WAS daar iets: ‘n digte singulariteit.

    Jy sien, die punt is. Jy kan nie iets afskiet as jy nie weet waaroor die ding wat jy afskiet gaa nie? Ne? ;)

    Wa-wiel gate? Waar is die gate?

    Noem my dan antwoord ek jou. Wat ek wel vir jou met respek kan se, is dat ek nie dink jy weet regtig wat evolusie is nie en nou sien jy gate.
    Byvoorbeeld wat presies is natuurlike seleksie? Adaptasie? Genetic Dift?

    Gaan kyk hier hoe evolve iets voor jou oe
    http://www.pbs.org/wgbh/evolution/darwin/origin/index.html

    Kliek op die voeltjies – pollenpeepers.

  2. rosalindfranklin Says:

    O ja, ek is game vir die debat jy kan ‘n wawiel-gat vir my gee. Lekker dag. RF

  3. Roer Says:

    Knersis, ek ook nie (met betrekking tot jou aanmerking aan my hierbo). ;-) Die beste ding is maar lees jongie en jou eie besluite maak. Net om regverdig en objektief te wees – Johan (Gormendizer) het destyds vir my ‘n boek of twee voorgestel nl. Dawkins se The Selfish Gene (vir) en dan Die Groot Gedagte: Abstrakte Weefsel van die Kosmos deur Gideon Joubert (teen) MAAR my gunsteling (teen) is beslis “Darwin’s Black Box” deur Micheal Behe – ‘n wetenskaplike weerlegging van evolusie soos voorgestel deur http://thumbsuckers.wordpress.com/
    Lekker lees! :lol:

  4. Johan Swarts Says:

    Behe is weerlê, as ek dit reg het?

Leave a Reply