Ek het sopas vandag afgekom op ‘n baie interessante link na ‘n you-tube video op Roerkie se blog. Dit gaan oor die evolusie teorie en oor nuwe denke daaroor. Dit is FANTASTIES! EK kon nie genoeg kry nie. Daar is sewe clips. Die link na die eerste een is;
http://www.youtube.com/watch?v=PsXOOLzV_wo
Rooskind, jy vra; “is die brein nie net elektrisiteit wat aaneen vuur nie? kyk maar na die resultaat van ‘n EEG.”
Ek dink dis jou veld daai. Kyk bietjie na die video clips. Dit is verbasend! Wat sê jy nou?
Intussen wag ek maar op nog ‘n paar menings oor ‘Wat is die belangrikste ding in die wêreld.’
DM reken ‘n mens moet jouself ook as belangrik ag. Goeie punt daai. Ek sal later daaroor ietsie pos. DGS herstel nog van sy skeer wonde en Sonkind kry te koud. Eisch!!!
Junie 6, 2008 at 3:07 nm |
Ek ken die video’s, dit handel ongelukkig nie oor evolusie nie, maar oor intelligente ontwerp (kreasionisme). Twee toet en tale verskillende dinge.
Mense verwar die twee met mekaar
Jy kan meer oor evolusie en kreasionisme hierso lees:
http://www.talkorigins.org/