Ek dink die belangrikste…

By knersis

ding is natuurlik (volgens my beskeie mening) die antwoord op die vraag: “Wat word van jou siel wanneer jy sterf.”

Daar is baie dinge in die lewe wat belangrik is, natuurlik. Liefde en Vroulief en die kinders en om ‘n goeie mens te wees en so aan. Daar is ‘n lang lys van belangrike goed. Maar vir my is DIT die belangrikste.

Okay. Ek glo ook nie in reïnkarnasie nie. Maar…

Is my siel onsterflik? Daar is net twee moontlikhede, reg!? Ja of Nee!

Indien mens twyfel daaroor, dink so daaraan – jy het ‘n 50% kans om reg te wees. Soos om rooi of swart te speel op die roelet tafel; so wat is dit vir jou meneer, rooi of swart? Jy sit jou chip (jou siel) op die tafel neer en daar spin die wiel!

Sê nou maar ek raai nee dan kan ek mos myself geniet en alles doen wat ek wil, wat ek mag en wat ek nie mag nie, sodra ek net nie uitgevang word nie, reg? En aan die einde is daar geen vergelding nie, geen verantwoording nie! Dan is mens mos dom om nie voluit te gaan en alles in te prop in die kort tydjie tot jou beskikking nie.

Maar sê nou ek was verkeerd en o gonna! Dit draai uit dat my siel toe wel die hele tyd onsterflik was en gepaardgaande daarmee, alles wat staan in die Bybel was toe ook die waarheid! Wel, indien dit so is dan sal alles wat in daardie Boek staan omtrent die hel ook waar wees. Kyk ek is mal oor vuur en braaivleis en kaggels en kaggel vure en so meer, maar om vir ewig en ewig te braai en dit kom NOOIT klaar nie. Dit is ‘n gedagte wat mens mos sal slapelose nagte gee!

So wat dink jy, wat is dit rooi of swart…


4 Responses to “Ek dink die belangrikste…”

  1. Wipneus! Says:

    Nee, mens moet jou paadjie reg lewe, ek sien definitief nie kans om met my eie siel saan braaivleis te hou nie.

  2. rosalindfranklin Says:

    die vraag is: het ‘n mens ‘n siel?….wag voor almal my stening. dink so bietjie.
    is die brein nie net elektrisiteit wat aaneen vuur nie? kyk maar na die resultaat van ‘n EEG.
    want ‘n mens kan tereg vra? waar sit daardie siel dan.

    hierdie is net ‘n filosofiese vraag om bietjie oor te dink. dit is dalk nie ‘n rooi/swart vraag nie.

  3. Roer Says:

    Jy’s reg. Dit is die heel, heel belangrikste.

  4. Hans Matthysen Says:

    Een wat vra of mens ‘n siel het, glo seker nie wat in die Bybel staan nie.
    Kyk maar na alle mense op die aarde, of hulle nou in God glo of nie, hulle glo in die “geeste” van hulle voorvaders, wat aan hulle verskyn. Die mens is nie ‘n misjien, dat wanneer die liggaam sterf, dan bly daar niks oor nie. Daar is genoeg getuienis, uit verskeie oorde, onder alle volke en nasies, wat bevestig dat mens anderkant die graf nog is. Ek myself is nie “onder die helm gebore” nie en tog is daar baie mense wat hulle sien en vir mens kan beskryf. (Lees Job 4 v 12 tot 17).

Leave a Reply