Die Belangrikste ding/iets in die wêreld.

By knersis

Vir meeste van ons is die liefde seker maar die belangrikste. Gert sê vir hom is dit Vroukie en die Wosonkies reken ook so, asook Da Mario seker maar. Hy het dit nog net nie so uitgedruk in woorde nie. (Hy druk nog vir eers (vry eers) gou op ander maniere. :D )

Sonkind raak aan die onderwerp van reïnkarnasie. Interessant! En dit sal lekker wees om te hoor wat julle daarvan dink. Glo jy in reïnkarnasie? Is dit nie maar afkomstig van ons vrees vir die verganklikheid nie.

Wat van onsterflikheid?

Hou jou gees aan met leef wanneer die liggaam sterf of nie? Wat is die gees? Wat is jou siel? Is daar ‘n verskil. Waar woon jou verstand? As jou liggaam sterf wat word van jou verstand?

Dis diep vrae, ernstige vrae ek weet. Maar ek wil graag daaroor praat. Dit sal lekker wees om almal se standpunte te weet. Ons gaan natuurlik van mekaar verskil. Dis goed so. Jy mag miskien niemand oortuig van jou standpunt nie, maar dis ook goed so. Dit is ook nie my gedagte om met jou te argumenteer nie. Vir jou te sê maar jy’s verkeerd nie. Ek sal dit ook nie doen nie. Wat wel lekker is, is wanneer mens ‘n nuwe idee kry om te ondersoek. Hoekom, waarom, hoe?

Lekker!

Laat weet maar!


4 Responses to “Die Belangrikste ding/iets in die wêreld.”

  1. Roer Says:

    Ek wil niemand vanaand oortuig nie. Dis wat ek glo…
    Glo jy in reïnkarnasie? Nee.
    Hou jou gees aan met leef wanneer die liggaam sterf of nie? Ek glo so, ja.

  2. Jaco Says:

    Ek twyfel sterk of daar so iets soos reinkarnasie bestaan. Ek glo wel dat jou siel/gees/verstand alles deel van dieselfde entiteit is en dat dit bly voortleef nadat jou vleeslike ligaam dood is.

  3. Pikkelik Says:

    My huiswerk is gedoen.

  4. knersis Says:

    :D

Leave a Reply