Dingeling !

By knersis

En daar is Ding se Dingeling nou mooi in sy Dinges in. Of is dit net my kompioeter wat weer skeef is, maar ek kom nie ‘n dinges in Ding se blog nie, traai maar self. Wat gaan NOU daar aan? Ding as jy hoor, laat weet asseblief.

Sonkind, innig jammer om te hoor van julle drama en baie bly dat dit nie erger was nie. Dink aan julle. En hier wil ek van Gauteng af wegvlug in daardie rigting!? Wys jou net, elke plek het maar sy hassels.

En ja, die winter bekruip ons hier in Gauteng soos ‘n wafferse struikrower; as jy weer sien dan is hy op jou soos ‘n boerboel op ‘n tefie in die ander tyd en Vroulief het toe maar die warmkombers se somer-vakansie kort geknip en die oukie laat aantree vir diens. Gelukkig is ons beurt-krag hiersô net tussen 2 en 6 in die middag; tot nou toe, bygesê.

So gepraat van beurt-krag. Waar kom daardie term vandaan? “Dis jou beurt om die kerse te gaan kry ou-sus!” (hê, hê.)

4 Responses to “Dingeling !”

  1. Pikkelik Says:

    Ek steek ook vas by ding, kom elke keer by myself uit!!

  2. Pikkelik Says:

    O j – Beurtkrag – Jou beurt om die generator te gaan start! (So shoot me, ek’t baba’s, het nie KRAG om met kerse en kak te sukkel nie!)

  3. rosalindfranklin Says:

    Waar bly julle dat julle krag af is tussen 2 en 6. Ons s’n is af in die aand tussen 8 en half 11. Dis erg. Ons het gesien in die ryk-ryk buurte is die krag lekker af in die middaguur.

    dis ‘n komplot, knersie, ‘n komplot, sodat ek nie kan blog en tv kyk nie. sodat ek brood moet vreet.

  4. knersis Says:

    He, he. Jammer om te hoor ou Rooskind.
    Ja-nee ons is seker maar net lucky.

    Pikkelik, my kompioeter doen dieselfde. As ek op Ding se lienk kliek sê hy ek moet eers in-log en dan kom ek by myself uit. Eisch!

Leave a Reply