Kyk daardie Afrikaanse juffroukie het tevergeefs aan my ore getrek en my met haar linieaal gewetter, my spelling het maar vrot gebly tot vandag toe. As jy nou Ingels skryf is daar mos ‘n spel-checker maar wat nou van as jy begin griffel in die A-groep taal? Ek het al ‘n Afrikaanse spel-checker of twee loop koop maar kon dit nooit laat werk nie, (dom nê?)
Toe kom ek af op ‘n briljante idee. Google die woord ‘afrikaanse spel checker’ en whala, daar is sommer ‘n paar om van te kies en een of twee is selfs gratis! Ek laai toe die gratis een af by www.wspel.co.za Mens moet dan net so klein biekie gaan tokkel met jou kompioeter se binneste (gelukkig niks te tegnies soos die BIOS of so nie) maar dis nogal maklik as jy die instruksies volg wat saamkom en BAKGAT, nou kan my blikbrein in Afrikaans ook spel en ek kan ook so slim soos Johan en Da Mario en Gert klink!
Ek moet sê, julle spel eintlik almal dêm oulik, het seker al lankal….
Ja okei, agter-os-knersis kom ook in die kraal.
Lekker dag almal.
April 11, 2008 at 10:01 vm |
Sal ook beslis daai een moet kry, nie dat ek worry oor spelling nie, ek skryf soos ek dink en dis soms scary, but ewenwel, ek sal seker een van die dae vir Ouboet moet begin leer… Thanks vir die tip.
April 13, 2008 at 6:06 nm |
Nou moet hulle nog net ‘n spelchecker in sommige mense se selfone inbou!
April 14, 2008 at 9:32 vm |
Ek het my woordeboek hier langs my – as ek wonder, dan soek ek. As ek nie wonder nie, het ek gewoonlik vergeet om te wonder, en is dit verkeerd. Maar dit maak nie van jou ‘n bad ou om verkeerd te spel nie, so relax!
April 15, 2008 at 9:01 vm |
April 15, 2008 at 6:15 nm |
Hallo Vokof en Wipneus. Nee Vokof, daars nie foute nie. En moenie worrie nie, ek’s lekker ge-relax. Lees lekker daar by jou, net te skaars my maat.
Wipneus, jy sal daai spel-checker laaik. Dit voel nogal einaardig as jou masjien sommer jou taal begin herken! Lekker!
April 15, 2008 at 6:49 nm |
Dis vir my so ironies dat jy selfs MY naam noem, veral sienende dat die helfte van my post gewoonlik Engelse woorde in het!!