Ek is ook terug!

By knersis

Jammer vir die stilte en dankie vir die wat ingeloer het en gewonder het waar ek was.

Ek leef nog en is heeltemal dood-dollies. Ek het net so ‘n klein probleempie met my laptop gehad. Elke keer as ek iets op die dêm ding probeer doen soos werk of my admin uitsorteer, dan konnekteer dit vanself na Gert Gariep se blog en dan lees ek te lekker, ook sommer gou al die ander blogs ook. As ek my weer kon kry is so hele klomp ure verby en ek het nog by niks uitgekom wat ek eintlik moes doen nie. Gelukkig (of ongelukkig) het ek nie ‘n kantoor werk nie, want dan sou ek maar gebars het om deur al my werk te kom.

O-ja, en toe sê Vroulief: ‘Jy sit net die hele dag voor daai dêm kompioeter, wat van my, ek het ook ‘n binneste!’ Nou-ja-toe, ek moes toe eers biekie paai en voor my eie sypaadjie vee en weer die home-fires hoog kry (en my gat af gewerk in die tussentyd), maar nou’s ek terug.

Ek is sommer baie bly ou Gert is weer terug – was nogals bekommerd vir’n wyle toe die braaivleis vure daar aan die weste begin stil raak het. Welkom terug ou Grote, daardie prentjie hier bo op my blog het ek self geneem van een van my eie vuurtjies nou die dag, juis nadat ons so lekker lees van jou gebraaiery.

Ek is net so bly dat ou DING weer terug was vir een possie; hy het darem laat weet dat hy besig is met die oestery, so as ons nie te gereeld van hom hoor nie weet ons darem hy is okay, hy werk net hard. Sterkte daar op jou stoep en voorspoed met die plaaswerk.

Welkom hier op die blogosfeer Pikkelik!

Tot later, mooibly Bloggers!

4 Responses to “Ek is ook terug!”

  1. Da Mario Says:

    Nou ja, onthou dan nou om die home-fires mooi te balanseer met die blogging nê? :D
    Lekker om jou weer hier te sien!

  2. Pikkelik Says:

    Baie welkom terug en dankie vir die welkom! Ek sukkel ook deesdae met die kompoeiter, elke keer as ek op Pastel wil ingaan eindig ek by die blogs… :-)

  3. platterfuss Says:

    Sy moes moer kwaad gewees het as jy so lank weg was….

    Balans!!! Dis die woord blykbaar!!!!!

  4. Bloggers en hulle k*k… « Da Mario se gepraat… Says:

    [...] dink een of ander blonde kat het waarskynlik ‘n vinger in die paai gehad daarmee. En toe was Knersis mos skielik doodstil.  En hy noem toe dat hy eers weer die home-fires moes hoog kry… En nou [...]

Leave a Reply