EISCH !!!

By knersis

Nee kyk, ou knersis se sewe-klep hart is nou wragtag sommer ‘n drieklep-stotter-seer; ‘n hele week en nie eens EEN comment nie, EISCH!! Maar nou ja, ek leer elke dag iets nuuts van die blogosfeer. Een ding is waar, die ouens hier laaik nie van ‘n negatiewe ding nie. En dis nogal grand en opvallend verfrissend. Meeste bloggers hier praat vanuit ‘n diep eerlikheid en sprankelende opregtheid en byna almal is so sekuur polities-korrek mens kan maar op hom pyltrek.

Moet ôk nie kom koppie en plak nie, dit werk ôk nie! Jy kry sommer summier ‘n ‘blank ignore’. Eisch. Okei, point taken.

Daar is iets wat my egter biekie bekommer…

Waar is DING? Hy is nou al amper ‘n maand lank stil. knersis mis nogal sy spitsvondige tong-in-die-kies uitkyk op die lewe. As iemand hom ken of weet hoe dit met hom gaan moet julle asseblief laat weet.

16 Responses to “EISCH !!!”

  1. netjane Says:

    Jou comment droogte is gebreek!

  2. PL Says:

    Nog ‘n comment of is dit nou ‘n komeet… Lyk my amper of dit weer gaan begin reën… By the way ons het uiteindelik bietjie reën gehad in die laeveld. Bly deesdae by die huis (petrol te duur en kar se brieke is kapot). Wil my kinders teen die muur plak en ‘n frame omsit, en manlief sê ons bly langnaweek tuis, petrol te duur / kinders te stout / geld te min / gras moet gesny word (dit het mos gereën) – Eisch….

  3. wag-ʼn-bietjie Says:

    Hi Knersis, ek kom draai baie hier by jou, maar het nie altyd tyd om kommentaar te lewer nie…

    Ek het ook al gewonder oor Ding.

  4. knersis Says:

    Dankie NetJane, sjoe, ou knersis smile al weer.

    Welkom PL. Sterlet met die huiswerk.

    Dankie wag-n-bietjie. Ons ia almal maar lekka besig.

  5. rosalindfranklin Says:

    hallo knersisieskie….ek het ook al NIE een comment gekry nie..veral daar in die begin. ma ek kom kuier baie vir jou om te sien wat van jy en oscar hier gaan.

  6. Roer Says:

    Nee, die Ding ding het my ook aan te bekommer. Hopelik lees Dingeling hier.

  7. sonkind Says:

    Ek lees altyd, maar ek is soms te haastig om kommentaar te los, so moenie soos ‘n weeskind voel nie, Knersie ;-)

    Ding se honey is nog nie op nie, van sy honeymoon nou. Ek dink ons sou wel gehoor het by Stoutsus as Ding iets makeer het.

  8. Da Mario Says:

    Maar jy het ‘n hele week nie ge-post nie ou Knersis…. ;)
    Anyhow, ek is bly jy neem die lesse wat jy leer so ter harte. Gaan check, ek het eendag geskryf oor hoe om ‘n statshoer te wees, jy kan dit dalk interessant vind!
    Of wag ek paste netnou vir jou die link….

  9. Da Mario Says:

    Hier is my opinie oor hierdie sakie… :D

    http://dmario.wordpress.com/2008/01/08/statshoer-in-10-maklike-stappe/

    Mooi loop!

  10. knersis Says:

    Dankie Da Mario, ek het daai post van jou gelees. :)

  11. Pikkelik Says:

    Knersie, dis nou 14 dae….

  12. rosalindfranklin Says:

    Knersie skryf vir ons ‘n storietjiekie toe….

  13. Pikkelik Says:

    Knersie dis al 18 dae, waars die haaspastei?

  14. Da Mario Says:

    Knersis…lewe jy nog?? :shock:

  15. KruidjieRoerMyNie Says:

    En nou wat nou wat nou wat Knersissie? :-)

  16. wag-ʼn-bietjie Says:

    Lyk my Knersis en Sterfling het saam weggeloop?

Leave a Reply