Dis amper middernag.
Ek sit hier en wônnor en worrry en paniek …..
Wat om te skryf om my blogger-vrinne en vrindinne te be-indruk.
Die dag se gebeure flits voor my verby,
Dan skielik ‘n geknetter, ‘n harde slag,
Iets daar buite, maar wat?
Ek spring amper op om die Sambok (haelgeweer) te gaan haal,
Dan knetter dit weer … en weer,
Donderweer!
Die slae knal die een na die ander soos ‘n stel dominos wat mekaar uitwis,
Een na die ander, na die ander,
Okay, dis net die weer, relax.
Jy weet,
Prokrastinasie is ‘n bliksem,
Dis soos om te lê in traksie,
Jy’s in jou moer totdat iets breek,
Vir my is daai woord ‘n vloekwoord,
Daar looi hy weer …die donderweer.
Dankie aan die vrinne en vrindinne wat vertel het wat hulle van die armes dink en bedink en doen en nie doen nie.
Ek dink Gert Gariep en Sonkind en Skoor het dit mooi opgesom.
Ek dink ons (ek) dink soms te veel, doen te min, worry te veel. Ek dink dikwels kry jy die situasie van “die sieke dra die gesonde”. Onthou julle daardie oulike kinner storie van oorle oom Dana Niehaus wat vertel van die skelm Jakkals wat niks makeer nie maar dan vir Wolf wat dodelik siek is oorreed om hom te abba, en soos die siek ou Wolf aanstrompel met die Jakkals op sy rug, dan sing Jakkals; “Die sieke dra die gesonde, die sieke dra die gesonde…”
Hmmmmn….
Nou vir die anner worry,
Om te bly of nie te bly nie… dis die vraagie.
Sal ons by die ANC aansluit (Australië, Nieeu Zeeland, Canada)
Of sal ons die Sambok vat en inval by die Generaal,
En miskien anyway “val”…. (vir die Generaal)
Maar, waars die Generaal?
Hmmmn … dis vroeg laat (gaaap) tyd vir slaap…
Sal môre verder worry …
February 29, 2008 at 2:04 nm |
Ai die donnerweer is darem lekker, ek is ‘n kind van Gauteng (of eerder transvaal) maar in die kaap is hier nie behoorlike donnerweer nie. net so nou en dan ‘n suutjiespoep.