Welkom vrinne en vrindinne, welkom hier in knersis se grot. Dis my eerste inskrywing die, so maak julle gerus maar tuis. Sleep ‘n boomstomp nader en kom sit hier langs my by die vuur. Die steeu-pot borrel al lekker en daars lekker ys koue bier daar agter in die yskas, selfs biekie sjampanje vir hierdie openings geleentheid. Kom knaag saam aan ‘n kelkie wyn – daars hy, welkom, welkom.
knersis kom kreunend oorent, lig die pot se deksel en roer die kooksel daarin met ‘n lang houtlepel. Dan proe hy so suig suig aan die nat ent, sug tevrede en sak weer terug in sy sitplek.
Sien vrinne, ek sit so en dink by my selwers netnou; hierdie afrikaanse blogosfeeer is darem ‘n dem lekker plek. Ek voel skoon knop-in-die-keel-ge-eerd om met julle klomp vereenselwig te kan word. Daar is amper nie een verveelde oomblik in hierdie ruimte nie – en so ‘n ietsie vir ‘n ieder en elk se smaak. Daar is die boses en die vrindelikes, die skaames en die minder skaames, die wat baklei en die wat wil vry. Die verskeidenheid is wyd en uiteenlopend – dis lekker!
Kyk nou maar – daar vauit die bosparra vlei brul en kwaak die parras besete. Hul kwaak en kwaak en maak kwaad en maak lag. Lekker! Daar is ‘n dooie soldaat wat nog ‘n barshou slaat, en kan tokkel met jou hart se snare en kielie die lag-spiere. Daar is Woestynsand van die kant tot Duskant, dis Plattvoet en ligloop en kophou en Oopkop en Kop op ‘n Blok.
Vokof vlieg, vokof, weg daar van my steeu af, (nie jy nie Vokof, daai dem vlieg!)
Daar is Vokof wat reguit praat en ‘n ietwat bar woord ontvoer het en versier met ‘n mate van elegansie, daar is Luigi se kafee waar mens lekker kuier en lag en luister. Gert se rate en advies het almal in raps in roer. En dan is daar Daai Maer Ou wat so fluweel-saggies poep mens kom dit nie eers agter nie; tog nie iemand se tone trap of offend nie.
En dan is daar die ander plekke en vrinne wat nog ontdek moet word! Dis lekker hierso!
O, ja, dan is daar natuurlik die grootste stof (of sal ons se hoff-storm van alle tye) wat tans nog deur die blogosfeer woed. Hygend hert, nie sedert die Oerknal het ek van so ‘n stommiteit gehoor nie! Ek stik sommer in my sop, ek se jou. Dis nou natuurlik die gedoente rondom onse monument-bouende volksheld waarna ek verwys, wat meteens so bemind is soos Zorro onder ‘n sekere klompie en andersyds weer so gehaat soos die nimlike prins van duisternis homself.
Dit gons so oor die arme ou se kop dat ek nie kan agterkom wat die grootste oorsaak is vir die meeste van ons krag-probleme nie; eskom of al daai bloggers wat so toeslaan op die ou se blok dat die ligte so dof trek met tye.
Kyk, aan die een kant is daar mos hierdie sogenaamde wonderwerk slakke wat wind-op, stroom-op en helling-op seil om hul held te gaan red wat so hard oor sy eie slang geval het dat die trillings daarvan terugbots en resonneer met die van die oerknal s’n self. Aan die ander kant weer is daai klompie wat nie gestop kan word om toon-krul-lekker die een na die ander wysigheid, stommiteit, grappigheid – naakte-“hate” te hissss nie. Amper ‘n soort van dimoniese, obsessiewe Hoff-bashing.
Ai, as mens kon kaartjies verkoop vir hierdie geveg sou jy beter gedoen het as ‘n Mike Tyson bosgevegpromotor!
Nou ja toe, oor-more weet ons dalk wie gaat boks teen wie daar oorkant die sie en teen die tyd is die koerante seker al vol van wat ons Prez Vrydag gese het, moes gese het en nie gese het.
Kan ook nie wag om te hoor van oom Blouwillemaandag nie.
Groetnis.
February 9, 2008 at 5:46 nm |
Baie welkom haaspasteitjie.
February 10, 2008 at 4:44 vm |
Dankie Roer, lekker dag.
February 11, 2008 at 6:17 vm |
OKAY, die geheim is uit. Ek is bliksems blond.
Het nooit my web adres op my profiel gesit nie.
February 11, 2008 at 6:50 vm |
Welkom by die WoordStoot family Knersis!!
February 11, 2008 at 7:11 vm |
Welkom Knersis!! Gelukkig het jy jou blondgeit self reggemaak!
February 11, 2008 at 11:49 vm |
http://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/02/11/my-naaste-boek/
jy is getag…om saam te speel
February 11, 2008 at 12:07 nm |
Dankie René en Da Mario, heerlike dag vir julle. Dankie vir die uitnodiging Rose. Ek kyk gou.
February 11, 2008 at 12:08 nm |
WoordStoot – lekker een! Welkom Knersis.
February 11, 2008 at 12:21 nm |
Dankie Boegels, mooibly.
February 11, 2008 at 1:52 nm |
Jis knersis – kyk bietjie by jou blogroll het jy Kop se blok bietjie misrangskik!
Groetnis
February 11, 2008 at 2:17 nm |
Dankie Skoor – gou ge-fix.
Lyk my met jou soek mens nie skoor met spelfoute en typo’s nie (he, he).
Sorry mykopop!!
February 12, 2008 at 7:18 vm |
Stres nie verder, ek moet soms in my ID boekie kyk om my name te spel – ek is die laaste een wat mense sal vertel hoe wild hulle spel, maar BKOL klink so na Blou Kol, en dit is daai man nie!
smaails
February 12, 2008 at 7:20 vm |
By the By Knersis, wil jy dan nie ‘n foto van Oscar plaas dat ons kan sien die outjie is nog okay nie?
En ook om die geheues te politoer – as jy jou avatar kon vind, kan Oscar nie te moeilik wees nie?
February 12, 2008 at 12:13 nm |
Skoor
Ja-nee, ek stem saam, maar dankie dat jy dit raakgesien het, toe kon ek dit darem fix voor te veel ouens dit agterkom.
Ongelukkig het ek Oscar toe in 1984 uiteindelik uitoorlê een Dinsdag namiddag. Die SAUK was weke lank kwaad vir my want hulle wou ‘n opvolg reeks maak. Ek sal kyk of ek nog iewers ‘n foto het.
February 12, 2008 at 2:49 nm |
Ha-ha! Dit was my favourite horror storie – ai, as jy sulke rowwe geluide maak, en die arme Oscar homself bedinges, dan het die hele SA met groot oe voor die TV gesit en saamgil!
Soek daai foto – jy sal menig hart laat warm klop.
February 13, 2008 at 5:46 vm |
Jy’s reg, ou knersis het nogal diep spore by baie van ons gelos. Lekker dag.
Maart 17, 2008 at 9:48 vm |
Knersis, ek lees vandag jou blog raak. Welkom hier!!! Een vragie….hang jy ook jou ekstra stelle tanne so aan die wasgoeddraad op? Wonner maar net….
December 21, 2008 at 11:59 vm |
Ek het onlangs ‘n Britse ou ontmoet wat deur die SAUK (in die dae toe die kommissie nog ‘n Afrikaanse afkorting gehad het) gekontrakteer was om die poppespel te doen vir Oscar en Knersus*. Wat ek nie geweet het nie, maar wat hy my vertel het, is dat die reeks aanvanklik in Engels opgeneem is en eers later in Afrikaans oorgeklank is. (Knersus se oorspronklike Engelse naam was “Gnasher”.)
Dit het my laat skrik. Om uit te vind dat iets so eg (Suid-)Afrikaans sy oorsprong in Britse hande het, het my effens ontstel. Dis soos om uit te vind dat jou gunsteling seun die buurman se kind is. Dis darem nie so erg nie. Hy het my gerus gestel dat al die poppe in Suid-Afrika vervaardig is. (Hoeveel van die skeppers ook gekontrakteer was, sal ons egter nooit weet nie.) Die SAUK het ook na opname al die poppe behou. Ons hoop maar dat hulle nie dieselfde lot as Sarel Seemonster beërf het nie … (Onthou, hy is mos so paar jaar gelede op ‘n gemorshoop gevind tussen ‘n ou pampoen en ‘n stukkende skoen; ‘n grammefoonplaat en kous sonder maat …)
Om ‘n lang storie kort te knip, Knersus is gespeel deur Gingernutt:
http://www.gingernutt.com/
*Knersus se naam word met ‘n “u” gespel en nie ‘n “i” nie — kyk na die omslag op hierdie bladsy vir bevestiging:
http://onanymous.blogspot.com/2005/03/o-die-nostalgie.html